MIELIEPAPSKYFIES (CHIPS)
Druk warm stywepap op die boom van uitgespoelde bak vas om ‘n laag +/- 25 mm dik te vorm. (Spoel bak dat dit net nat is onder vir die pap om nie vas te sit nie, of sprei dit met Spray&Cook.
Laat goed koud word en keer pap uit op snyplank
Sny pap in skyfies van 25mmx25mmx5mm
Pak in draadmandjie en diepvetbraai in warm olie tot lig bruin en dreineer op kombuispapier
Strooi sout, knippie rooipeper of knoffel/uiesout oor
Bron: Word wys in die kombuis
Foto: Adam Cloete

