MEYER SE MIELIEPAPBALLE
MEYER SE MIELIEPAPBALLE
In aparte kastrol, maak mieliepap styf aan en kook tot gaar. Laat afkoel.
Maak ronde balle (grootte afhangende van wat jy verkies)
Pak balle in glasbak en druk gaatjie in elke bal
Maak Sheba van die volgende: tamaties, sampioene, geel, rooi en groen peppers. Geur na smaak. Sheba is lekker dik sous van bogenoemde alles saam gebraai.
Gooi bo-oor papballe
Braai so 1-2 uie tot lekker bruin
Gooi uie en roommielies bo-oor sheba mengsel
Een bakkie room bo-oor mengsel
Strooi genoeg gerasperde kaas bo-oor
Bak vir ongeveer 1 uur by 180ºC of tot die kaas gesmelt en die room dik is
Resep aangepas deur Amanda Conradie
Resep en foto verskaf deur Meyer Combrink

