MALVA WONDERKOEK SE VULSEL

 

FLR BB with Heart

MALVA WONDERKOEK SE VULSEL

Vandag is ek besig om in die verlede te grawe. Ek het eenkeer ‘n koek by ‘n tuisnywerheid gekoop. Die dame het dit genoem Malva wonderkoek. Dit is ‘n wit sponskoek met gekookte kondensmelk en dan die wonder vulsel wat geklitste room, malvalekkers en ek weet nie wat die res is nie. Kan enigiemand moontlik dalk lig werp hierop vir my. Dit was voorwaar ‘n heerlike wonder koek.
Hier kom dit nou. Jy bak glo chiffon koek en smeer dan eers gekookte kondensmelk, dan die vulsel tussen in en bo-op.
500 ml room, styf geklits
1 blik fyn pynappel
1 groot pak malvalekkers opgesny
125 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
Meng al die bestanddele goed saam en gebruik as vulsel.
HEMELS!!!! Dankie Koekoes.
Resep: Marietjie van der Merwe