LAMSOSATIES
1 knoffelhuisie ( ek gebruik drie)
1 vet lam og skaapboud
gekneusde lemoen suurlemoen og lourierblare
2 t sout
3-5 ml gemmer
3 ml peper
25 ml fyn koljander
125 ml melk
150 g droe appelkose
METODE
Vryf erde skottel met knoffelhuisies. (Ek sit dit sommer in die mengsel wat volg)
Sny die vleis in blokkies, groot genoeg om op pennetjies te ryg.Meng res van bestanddele en pak in skottel. Laat oornag staan en gooi dan die sosatiesous oor.
Sosatiesous:
4 groot uie in skywe
1 k water
1 rissie ontpit en fyngekap
2 E suiker
2 E matige kerrie poeier
5 ml sout
5 ml borrie
2 E fyn appelkoos konfyt
2 k asyn
Meng die bestanddele behalwe die asyn en kook vir 5 min. Voeg asyn by en laar staan tot dit koud word. Meng die sous met die vleis en laat omtrent vir twee dae in die yskas. Ryg dan die vleis, vet en maer stukkies om die beurt met appelkoos en ui tussenin op pennetjies
FOTO- Martie Fourie Moolman

