KOOS SE POTATO PUFF

tested

KOOS SE POTATO PUFF
Ek het 10 medium aartappels gekook vir Mash.
Green onions gesny
So n paar knoffel huisies fyn gedruk.
Die knoffel en Green Onions gemeng saam met 4 eiers.
Ek het van die vleis wat ek gebruik het vir my ham en kaas rol wat nie gebruik was nie uit die yskas gehaal en gekook in n pot sodat dit binne in die kaas stoom wat sag gekook het.
Die aartappels fyn gedruk en Growwe peper by gesit.
Alles deurmekaar gemeng. Uie, knoffel en die vulsul van die Ham/Kaas rol
Alles saam in een bak gesit en gebak in die oond op 190 ºC vir 40 minute tot bo bruin.
Daarna het ek geraspered kaas oor gestrooi en weer in die oond vir n paar minute tot bruin.
Vir in geval dit n flop is het ek maar Saam met dit sommer alles wat klein porsies in die yskas is op die braai gegooi saam met n paar lam tjoppies.
Nou gaan ek eet.
Die wat wonder oor my dieet ek het tamatie in my bord
Die gesamentlike mengsel het darem twee bakke gemaak soos die op die foto. Die Potato Puff van vandag kort nie ander vleis by nie, maar dit is heerlik saam met Gerookte Kassler en Smoked Cheese grillers
Op foto:  Ek het Green Peppers bygesit. Ek het van die Potato Puffs in my klein Brood Pannetjies gebak en van dit in n Jumbo Cup Cake Pan.
Resep en foto:  Koos vd Merwe