KLAM SJOKOLADEKOEK MET KOFFIESOUS

klam sjokolade koek minettetested
KLAM SJOKOLADEKOEK MET KOFFIESOUS
1½ koppie koekmeel
1½ koppie suiker
3 eetepels hoogvol kakao
15 ml bakpoeier
½ teelepel sout
¾ koppie olie
¾ koppie gekookte water
6 eiers, geskei
1 teelepel vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Sif droë bestanddele saam.
Meng olie en water.
Meng by droë bestanddele in.
Klits eiergele en meng by.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in met ‘n lepel.
Bak in gesmeerde oondvaste glasbak van 20 x 30 x 10(ek het ‘n 35 ×22 gebruik)
Vir so 30 – 40 min of tot toetspen skoon uitkom.
STROOP
2½ koppie kookwater
1 – 1½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepels sterk koffie
Kook stroop vir 5 min.
Giet stadig oor warm koek.
VERSIERSEL
250 ml room styf geklits, meng daarby 1 blik karamelkondensmelk.
Kan ook gerasperde Peppermment Crisp sjokolade byvoeg.
Smeer oor afgekoelde koek.
Strooi ‘n Flake sjokolade bo-oor.
Resep:  Trudie Swart
Foto: Minette van der Westhuizen