KITKE OF CHALLAH BROOD

KITKE

KITKE OF CHALLAH BROOD

DIE heel eerste resep is ‘n Joodse broodresep, die kitke of challah wat Marcelle Botha van die Demo-denkookkunsskool gewys het. Dit was met ondersteuning van Woolworths. Die brood is ‘n ragfyn witbrood wat gevleg word. Die resep is genoeg vir ‘n groot brood of twee kleiner brode.

Ek het skaars my voete terug by die huis gesit of ek het hierdie brood vir my gesin gebak. Dit is so mooi my kinders het die deur die huis gehardloop met snye warm brood en gesing-skree: “Vars gebakte brood! Kyk ons mooiste varsgebakte brood!” – ‘n malhuis waarin ek bly.
Jy het nodig:

4 x 250 ml koekmeel
10 g kitsgis
10 ml suiker
5 ml sout
30 ml sonneblomolie
2 eiers
300 tot 350 ml lou water

Meng die meelblom, kitsgis, suiker en sout. Klits die lou water, olie en eiers saam. Voeg die watermengsel by die meelmengsel en knie tot ‘n elastiese deeg.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde bak of plastieksak en maak liggies toe. Sit op ‘n warm plek om te laat rys.
Sodra uitgerys, druk die deeg liggies bymekaar om “af te knie”. Deel die deeg in 6 ewe groot dele.
Rol elke bolletjie met die hande in ‘n langwerpige worsvorm.
Gebruik 3 van die rolle om een brood te vleg.
Vleg 2 brode.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en verf met ‘n eier-en-water-glasuursel. (Vir hierdie brood kan ‘n knippie sout en ‘n knippie suker by die glasuursel gevoeg word vir ‘n mooi blink kors).
Bedek liggies met plastiek en laatrys tot amper dubbel die grootte.

Bak in ‘n voorverhitte oond van 200º Celsius vir 10 minute en verminder die hitte tot 180 ºC en bak vir ‘n verdere 20 minute of tot die brood goudbruin is en hol klink as teen die kors geklop word.
Resep en Foto:  Amelia De Villiers

Nota:  Sonja Zino
Daar is nie so iets soos regte egte nie, almal het basies dieselfde riglyn maar verskille in olie/smeer, suiker, eiers en water. Bostaande resep is goed.
Ek gebruik op `n
1 kg meel, 1 eetlepel gis (soms 1 ½)
2 eiers
½ koppie suiker
olie afsonderlik
sout en water