KERRIE PIESANGSLAAI

 


KERRIE PIESANGSLAAI
Resep: Rina Kleinhans
Foto:  Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
3 – 4 piesangs
4 eetlepels appelkooskonfyt (tuisgemaakte met stukkies in is heerlik)
½ teelepel borrie
½ teelepel kerrie
4 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels kondensmelk
1 eetlepel asyn

Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan.
Sny piesangs in skywe en meng met sous.
Al die piesangs moet met die sous bedek wees.
Elna Erasmus:
Ek het vandag Rina Kleinhans se kerrie piesangslaai gemaak. Ek het die appelkoos konfyt met appelkoos en lemoenkonfyt vervang. Julle hierdie is voorwaar die lekkerste, lekker slaai.