

KARAMEL ROOM ROLKOEK-swissroll
1 k strooisuiker
4 eiers
1 t vanilla essence
1 k meel
2 t bakpoeier
Knippie sout
1/4 k koue water
1 blik karamel kondensmelk
1 houer room
Meng eier gele en strooisuiker met elektrise klitser tot romerig.
Voeg essence by en meng goed. so 1 minuut. gooi klein bietjie van die koue water by…let wel KLEIN BIETJIE.
In ander bak sif die meel, bakpoeier en sout
Meng meel mengsel met die eier mengsel.
Klits eierwit totdat dit styf is.
Vou die eierwit by die mengsel (moenie dit te veel klop nie,vou met spaan in die vorm van ‘n 8, sodat die lig bubbles nie verdwyn nie. weet nie of dit sin maak nie. mengsel moet fluffy en lig wees)
Gooi dan res van die water by
Ek het skoonma se swissrol plaat gebruik (groot pan is nodig die 30 x 24 is te klein vir hierdie koek) met olyfolie uitgesmeer. Waspapier op gesit en weer met olie gesmeer.
Gooi mengsel in plaat en bak teen 200 grade C vir 20min
Intussen kry skoon vadoek, maak dit klam met water en sprinkel strooisuiker oor lap.
As koek uit kom, sny met mes langs kante sodat koek maklik uitkom. Dop koek op lap uit
Met vadoek rol die koek op. los vir so 2 min en rol weer koek oop. Trek wax papier af.
koel af heeltemal.
Klop room styf en in ander bak klop karamel bietjie sagter sodat dit maklik kan smeer.
Smeer dan hele blik kondensmelk op, gevolg deur die styf geklopte room.
ek het hele koek dik gesmeer van een punt na ander punt. rol koek dan weer stadig toe.
Sprinkel bietjie versiersuiker oor en sie daar..
Enjoy!!! Hoop julle geniet dit so baie soos ons!
Note: The first bit of water I mix with electric mixer when mixing the yolks, sugar and essence. ,but the last bit of water I folded it in with a spatula when I folded the egg whites in
Resep en foto: Heidi Smal Smith