IDEES MET ROOI/PERS KOOL
Wi-ann Van Zyl:
Pers kool gaan baie lekker saam met kool frikkadelle, self stirfry met die kool maar nie sag gebraai, nog krispy is net so ‘n wenner.
Tanya Godwich:
1 kop rooikool
2 uie
2 appels
3 eetlepels botter
125 ml rooiwyn
knippie neutmuskaat
sout en peper
Was en kerf kool fyn. Skil en kap uie en appels fyn.
Stowe oor lae hitte SONDER om water by te voeg. Roer af en toe. Hou deksel styf op.
Voeg ander bestandele by. Stowe 3-4 ure lank.
Baie lekker, maar lekkerder volgende aand weer verhit.
Ouma se “Kook en Geniet”.
Hanneke Neé Vd Westhuyzen:
Tanya Godwich, ek gooi altyd bietjie suiker en asyn by om dit soet/suur te maak. By my ma geleer.
Helene Marais:
Dis heerlik in n “stirfry” moet baie ander tipe slaaigroente gebruik, moet nog krakerig wees, beslis nie papperig nie.
Helene Marais:
Voeg by bruingebraaide uie, moet lekker gekerf wees. Roerbraai tot sag en voeg handvol rosyne by. Bedien met ander groente disse en lekker lamsvleis.
Wi-ann Van Zyl:
Lemoen en rooi kool gaan net so lekker saam die soet suur van die lemoen balanseer die bitter van die kool uit ons maak gewoontlik ‘n warm koue slaai met die kool.
Annalie Roberts:
Sny in die helfde gooi bruin uiesop poeier oor en foelie oor druk in oond en maak gaar heerlik.
Annalie Roberts:
Meditereense koolslaai.
Snipper dit en die groenetjie op. Bak sonneblomsaad, pampoensaad en pakkie 2 min noodles in oond tot sade bruin word. Gooi oor slaai. Slaaisous: olyfolie, 2 min Poeier, rooiwyn asyn, suiker na smaak en gooi bo-oor. Heerlik!!!
Foto: Gideon Louw
