HEERLIKE SOUS VIR BEET


HEERLIKE SOUS VIR BEET
Resep: Rina Botha van Eyk
FOOD LOVERS RECIPES
Hi almal, wil eers bely ….. ek is ‘n beet verslaafde. Soek elke dag my beet. Het jarre terug hierdie sous by my ouma gekry en daarmee saam tot van dag net komplimente, want dis lekkerrr!
Sous:
Plaas die volgende in ‘n kastrol:
¾ koppie witasyn
1 koppie suiker
2 koppies water
½ teelepel mosterdpoeier
bietjie peper en sout
2 eiers
Klits tot lekker skuimerig en plaas op stoof plaat. Hou aan klits (met draad klitser) tot dit begin borrel.
Voeg dan (vooraf gemaak) 2 teelepel Maizena gemeng met ½ koppie water by, maar hou aan roer, sodra dit weer borrel, haal van plaat.
Laat effe afkoel en skep oor beet- skywe of blokkies (soos verkies).
Heerlik!
Werk fantasties saam met klein uitjies (slap hakskeentjies).
Ek maak groot maat, en hou in yskas tot ‘n week of langer.
Hoop iemand kan dit benut! O ja, sny so bietjie uie by die beet.