GEPIEKELDE PYNAPPEL

lien se gepiekelde pynappeltested

Piekelmengsel:
Meng saam 500ml water,180ml elk rysasyn en suiker en 1cm-stuk vars gemmer in dun skywe gesny in ‘n kastrol en laat kook.
Voeg by 2 stukke stêranys,brandrissies (na smaak) en 3 – 4 pynappels geskil en in papierdun skyfies gesny.
Bring tot kookpunt en kook ‘n rukkie. Skep pynappels in ‘n fles en gooi sous oor. Bêre in die yskas.

Hélène Kluge