GENERAAL KOEKIES

generaal koekiestested
GENERAAL KOEKIES
Hierdie koekies is baie lekker en ek dink dis ń gesonder opsie vir kinders as ander koekies omdat hy oats en graanvlokkies in het. My kinders vrek oor die koekies en dit hou nie lank in my huis nie. Dis ook baie maklik om te maak
135 ml botter of margarien
125 ml bruinsuiker
1 groot eier
3 ml koeksoda
250 ml bruismeel
125 ml oats
125 ml klapper
125 ml gesoute grondbone
85 ml graanvlokkies, fyngedruk

Room botter met suiker. Voeg eier by en klits goed. Sif die bruismeel en koeksoda en vou by die eiermengsel in. Voeg die oats, klapper, grondbone en graanvlokkies by en meng goed. Skep lepelsvol van die deeg effens uit mekaar op ń liggies gesmeerde bakplaat. Bak 10-12 min in ń voorverhitte oond by 180ºC tot goudbruin.
Foto:  Mercia Pretorius