CHAKALAKA MIELIEKOEKIES
CHAKALAKA MIELIEKOEKIES
Ek het my vrou gou gehelp met die bykosse vir die braai en besluit toe om Chakalaka koekies te bak om saam te geniet met die braaivleis.
2 blikkies Chakalaka met sweetcorn
4 eiers in gemeng saam met die Chakalaka
Moenie vra hoeveel nie, maar koekmeel tot amper styf maar nog loperig seker ongeveer 2 koppies.
Voeg 2 teelepels bakpoeier by, en meng goed en braai in warm olie
En so lyk die brousul en proe nogal heerlik. Sal dit netnou geniet saam met die braaivleis.
Resep en foto: Koos van der Merwe

