BEESBLOKKIES MET NIERTJIES EN RYS

2014-09-29-beesblokkiesmetniertjiesenrystested

BEESBLOKKIES MET NIERTJIES EN RYS
600 g sagte beesvleis in blokkies
1 beesniertjie, skoongemaak in blokkies en in bietjie asynwater geweek
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, fyn
gemengde droƫ kruie
2 lourierblare
sout en heelwat peper
meel om in te rol
bietjie olie

Braai uie en knoffel effens. Rol vleis en niertjies in meel. Braai bietjie. Voeg genoeg water by.
Voeg kruie, lourierblaar, sout en peper by. Stowe stadig tot amper sag.
Nou kan jy aartappels in blokkies byvoeg. Kook tot sag. Verdik met bietjie bisto.

BRON- Martie Fourie Moolman