BEES RUMP KEBABS
BEES RUMP KEBABS
Ongeveer 700 gr rump, in blokkies
100 g varkspek, in blokkies
Marinade:
2 knoffelhuisies, gekneus
± 2 cm stukkie vars gemmer, gerasper
2 eetlepels olie
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel gerasperde suurlemoen skil
2 eetlepels bruin suiker
1 eetlepel soja sous
1 teelepel borrie
1 teelepel kerriepoeier
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn koljander
1 teelepel rissie vlokkies
peper
Marineer vleis vir so twee dae.
Ryg in sosatie stokkies afwisselend met rooi of geel soet pepers en klein uitjies, Rooster oor kole en bedien saam grondboontjie sous.
GRONDBOONSOUS:
80 ml grondboontjiebotter
400 ml klappermelk
1 knoffelhuisie, fyn
1 groen sterk rissie, gekap
2 teelepels fyn gerasperde fyn gemmer
1 eetlepel lemmetjie sap
Prut vir so drie min. Hierdie is my eie resep.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman

