ALL BRAN BESKUIT MET KERSIES
ALL BRAN BESKUIT MET KERSIES
Dis wintertyd en vakansietyd vir baie.
Sorg dat jou beskuitblikke vol is.
500 g sagte botter (of margarien)
250–375 ml bruinsuiker
2 eiers
1 kg bruismeel
250 g All Bran-graanvlokkies
15 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml rooi glanskersies, in klein stukkies gesny
500 ml karringmelk of suurmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot panne met botter of margarien. Verroom die botter (of margarien) en bruinsuiker saam. Klits die eiers by. Voeg die bruismeel, graanvlokkies, bakpoeier, sout en glanskersies by en maak met die karring- of suurmelk aan tot ’n deeg. Skep in panne en bak sowat 1¼ uur tot deurgaar. Keer uit, laat afkoel tot louwarm, sny of breek in vingers en droog die beskuit oornag of vir ’n paar uur uit een 70 °C. Lewer 6 dosyn beskuite.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Ek het die beskuit gebak met glutenvrye meel en ek het helfte kersies en helte rosyne ingesit, baie lekker…..

