VRIESKAS RAAD VIR SADE EN NEUTE

VRIESKAS RAAD VIR SADE EN NEUTE
Middag almal, wil gou by die slim mensies uitvind, kan ek die volgende sade/neute in die vrieskas of yskas hou en vir hoe lank voor dit dalk kan afgaan of bitter raak: rolled oats, pekaneute, coconut flakes en pampoen pitte. Wil meusli maak maar het te veel van alles, of kan ek alles maak en net so in vrieskas bêre? Baie dankie vir julle hulp.
Deirdre Kirchner
Alles wat jy daar genoem het, kan jy net so vries en dit sal vars bly. Seël dit net. Ek sit my meel, pasta, beskuit en rys alles in vrieskas en dit bly vir maande vars. Keer ook vir miete wat mens so maklik in jou meel kan kry. Beskuit kry ook geensins daai ou smaak soos as dit te lank buite gehou word nie. En wat lekker is, alles wat ek nou genoem het, vries nie solied nie. Jy kan bv jou meel uithaal en dadelik strooi, beskuit dadelik in jou koffie druk en jou pasta en rys dadelik kook! Geen verskil!
Liezel Malan Burger
Wonderlik, want ek het baie van alles by verskaffer gekoop, werk mos maar goedkoper uit, maar nou is ek nie seker of ek sommer meusli van alles moet maak en vries, of liewer net dit wat ek genoem het moet vries en elke keer vars maak nie, ek bak alles en dan kry dit nog botter heuning suiker sousie oor nie. Mixed nuts kan ek dit ook vries?
Linda Venter
Ja nee wat…..jy kan dit vir n baie lang tydperk vries….dit kom niks oor nie.
Liezel Malan Burger
Linda wat stel jy voor, dat ek klomp meusli op een slag maak of net neute en sade vries en elke keer vars maak? Ek het okkerneute vir meer as 2 jaar in my vrieskas gebêre. Het ‘n groot sak vol geskenk gekry.
Linda Venter
Ek sal voorstel jy maak dit elke keer vars… ek het bv. sopbone nou al vir 3 jaar in my yskas… en ek kook nog elke jaar boontjiesop daarvan… het ook ‘n sak vol present gekry… ek maak genoeg sop en vries die sop ook… so dit is seker maar om te ewe.
Issie Snyman
Ek vind my rys en pasta wat gevries is, breek klein op wanneer jy dit kook. Ek hou myne in plastiese houers met lourierblaar in.
Deirdre Kirchner
Linda, ek nou vergeet van al die droë bone, erte, sopmengsels, gort, koring, lensies, ens. Dit kan regtig vir maande/jare in jou VRIESKAS hou! Daai goed het alles ‘n spesiale plekkie in my vrieskas. ALTYD!!