VINNIGE MELKTERT
Kook melk margarien en vanilje essence saam tot kookpunt.
Klits die eiers, meel, suiker, maizena en sout met so 1/2 koppie melk en roer by die kokende melk in Stel die hitte laag en kook oor lae hitte tot mengsel lekker dik is en gooi oor tennisbeskuitjies . Strooi kaneel oor en laat die tert goed afkoel voor jy hom in die yskas bere anders sweet die tert! Geniet!
Resep: Anita Bauman
Foto: Mareli Ahlschläger
Nota: Ek vervang 2 lepels maizena met 2 lepels vlapoeier en dit maak hom nog lekkerder.
Rina Kleinhans

