VINNIGE LASAGNE

 

vinnige lasagnetested

VINNIGE LASAGNE

200g lasagne velle
2 knoffel huisie
2 uie gekap
62 ml kook olie
500 g maalvleis
12.5 ml Tiemie
7.5 ml oreganum
5ml sout
1 pakkie tamatie room sop
250 ml water
Gerasperde kaas na smaak

Kook lasagne velle soos aanwysings
Braai knoffel en uie tot deurskynend
Voeg vleis by uie mengsel. Braai effens.
Voeg Tiemie , oreganum, sout en tamatie sop wat met water aangemaak is, by.
Skep lae vleis en lasagne velle in lae in oond bak. Eindig met vleis laag..
Bak vir 30 min by 180 grade.
Strooi die kaas oor op net voor bedien. En laat smelt.

Geplaas deur en foto:  Christina En LP Louw
Bron ” Kits geregte ” deur Erina Bezuidenhout.