VERSUIKERDE LEMOENSKIL


VERSUIKERDE LEMOENSKIL
Sny 2 lemoene se skil in repies. Verhit 60 ml lemoensap en 60 ml water, knippie sout en 1 koppie suiker. Roer tot suiker opgelos en kook saggies op medium hitte, voeg lemoenskil by en kook 20 minute tot stroperig. Skep met gaatjies lepel uit en koel af . Sprinkel met suiker. Jy kan suurlemoen skil ook op dieselfde manier maak. Gebruik as versiering op lemoenkoek, of geniet net so.
Die resep is net aangepas vir ‘n mikrogolfoond:
Op high vir 7 minute, roer, en dan vir n verdere 2-3 min. op high.
Moet nie te lank in mikrogolfoond kook nie – brand baie gou.
Geplaas deur Amanda Conradie
Nota en foto: Christie Xti Rina… ek het gevra vir versuikerde lemoenkyfies en jul het my na hierdie resep verwys , dit was ‘n reuse sukses.. Eerstens dit gekook tot die skil deurskynend vertoon het, uit gehaal en ‘n bietjie gedroog, in suiker gerol en verder gedroog teen 60° C in die oond met ‘n houtlepel in die oonddeuropening … HEERLIK VERBY, baie dankie vir jul hulp, ek waardeer dit werklik…