TAMATIEKONFYT

 

2014-08-09-johannestested

Vars gemmer gee aan dié konfyt die heerlikste smaak. Dis nie net lekker op roosterbrood nie, maar gee wonderlike geur aan souse, bredies en kerriegeregte
1,2 kg ryp tamaties
Kookwater
Sap van 1 suurlemoen
4 x 250 ml suiker
Stuk vars gemmer van 6 cm, geskil en in stukke van 1 cm gesny
2 ml growwe sout
Bedek die tamaties met kookwater en laat staan vir drie minute. Spoel af met koue water en trek die skille af. Kap fyn. Sit die gekapte tamaties en die suiker in ’n swaarboompot en voeg die suurlemoensap by. Roer tot die suiker opgelos is. Voeg die gemmer en sout by en verhit tot kookpunt. Kook vinnig, terwyl gereeld geroer word, tot die konfyt setpunt bereik. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Lewer 800 ml konfyt.
Resep geplaas deur Elize Grobbelaar
Foto: Johannes Gerhardus Röntgen.