TAMATIEBREDIE

2014-08-15-tamatiebredietested

TAMATIEBREDIE

Dood eenvoudig. Ek braai my vleis en uie tot bruin. Kook n rukkie tot amper sag met n bietjie beef stock en naeltjies. Sny n patat in klein blokkies en kook n bietjie. Sny aartappels blokkies en voeg by.

Tamatie pasta met n klein bietjie suiker aangemaak gooi ek laastens by en kook tot aartappels sag is. Die patat kook heeltemal sag en maak n lekker dik sous. Ek gooi soms vars tamatie ook by.

Foto en resep geplaas deur Brits Van Schalkwyk

Ariana Kuun-
My groot “geheim” van my tamatie bredie en/of spaghetti bolognaise is om ‘n blik heel tamaties én tamatiepasta/puree in te sit. Genoeg daarvan, Dit gee dit so ‘n lekker dik tamatierige sousie… yum!