SKELVIS- EN PASTAGEBAK (HADDOCK)

haddock gebaktested
SKELVIS- EN PASTAGEBAK (HADDOCK)
Ek koop so 1 kg blok haddock hier by ons Fish King, dis sulke saam geperste – dit sny ek nog in kleiner blokkies om die kook werk makliker te maak. Dan maak ek so 1 liter lekker dik (nou nie te dik nie) wit sous en dan voeg ek 2 gekapte uie daarby. (sprietuie is ook lekker)
Voeg dan die haddock by ek kook stadig tot lekker warm, skep die gekookte pasta ook in dieselfde pot, roer lekker deur met hand vol gerasperde kaas.
Skep in oonbak, rasper nog kaas oor en bak tot bruin en deur warm.

Foto en resep geplaas deur Martha de Lange