SALMSLAAI

salmslaaitested

SALMSLAAI
1 blikkie rooi salm
1 blikkie pienk salm
4 meduim aartappels
1 ui fyn gekap
200 ml Helmans mayonnaise
6 agurtjies gekap
sout
rooipeper vir garnering

Skil en kook die aartappels tot sag en “mash” dit fyn. Dreineer die vis maar hou die water en meng die vis en die res van die bestanddele by die aartappel.
Plaas in die yskas om goed te verkoel.
Indien die slaai te styf is nadat die verkoel is verdun dit met van die water van die vis.
Dien op saam met Melba toast of enige kraak koekie en vars slaai blare.
Dis ook baie lekker op volgraan brood of kan as ‘n pannekoek vulsel gebruik word.
Hoop julle geniet dit

Foto en resep:  Ilona Turner Chester