POST TOASTIES TERT
Vulsel
1 Liter melk en 1 eetlepel botter of margarien
¾ koppie suiker
¾ koppie koekemeel
Knippie sout
2 eetlepels maizena
1 teelepel vlapoeier
5 eier gele
¼ koppie melk
Vanilla na smaak
Bolaag
5 eier witte
5 eetlepels suiker
Bring die melk en botter tot kookpunt. Draai hitte stadiger.
Meng die res van die bogenoemde vulsel saam in mengbak.
Voeg by die kook melk.
Roer deur tot dit dik raak terwyl dit stadig kook.
Haal af van die stoof af.
Voeg vanilla by.
Skep vulsel op die kors.
Klits eierwitte styf skep bo-op die vulsel.
Bak teen 180ºC vir so 8-10 min.

