OOIEVAARSKOEK

ooievaarskoektested
OOIEVAARSKOEK
2 Pakkies [200g elk] Marie-beskuitjies
500 g [850 ml] pitlose rosyne
100 g [250 ml] okkerneute, grof gekap
250 g botter of margarien
200 g [250 ml ] wit suiker
3 eiers effens geklits
25 ml kakao
12,5 ml vanieljegeursel
Metode.
Voer n broodpannetjie van 23 x 13 x 7 cm met waspapier uit.
Breek die beskuitjies in stukkies.
Voeg die rosyne en neute by en meng.
Smelt die botter/margarien en die suiker in die boonste deel van ʼn dubbele kastrol oor kookwater.
Roer die eiers by en roer met ʼn houtlepel totdat die mengsel taamlik dik en die eiers gaar is.
Roer die kakao by.
Haal die kastrol van die kookwater af en roer die vanieljegeursel by.
Gooi dit oor die beskuitjie en meng.
Skep die mengsel in die broodpannetjie en druk dit styf vas.
Bedek dit met waspapier en plaas ʼn swaar voorwerp, soos ʼn BAKSTEEN bo-op.
Verkoel dit vir minstens 12 uur lank.
Haal dit uit die pannetjie en bewaar dit, steeds toegedraai in waspapier, in die koelkas.
Sny in dun skyfies soos benodig.
Wenk.
Vir ekstra kleur kan ʼn paar glanskersies bygevoeg word.
Resep geplaas deur Fransie van der Walt
Foto deur:  John Gattinger