OLIE LAAGKOEK (witkoek)

Elize se olie laagkoektested
OLIE LAAGKOEK (witkoek)
1 ½ koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
125 ml sonneblom olie
125 ml vars lemoensap (sif sap deur sif)
4 groot eiers geskei
1 koppie suiker

Sif meel, sout en bakpoeier saam.  Klits eiergele en suiker tot romerig, gooi olie en lemoensap by, klits nog goed deur.
Klits eierwitte styf (hou eenkant) meng meelmengsel liggies in, klits baie stadig deur!
Vou nou jou styfgeklopte eierwitte in.
Gooi eweredig in twee panne
Bak op 165ºC vir 20 minute.
Versiersel:
1 blik kondensmelk
250 g Rama bake
75 ml vars uitgedrukte suurlemoen sap
Klits met elektriese menger, sit rukkie in yskas voor jy op die koek smeer.
Dis genoeg vir 2 koeke as jy nie aan kante ook smeer nie. Versier met gerasperde sjokolade.
(dis ‘n famielie resep, ek het hom ook aan watertand al geskenk – geniet dit)
Resep en foto: Elize Venter