OLIE BESKUIT

 

FLR BB with Hearttested

OLIE BESKUIT
Hierdie resep is ‘n Wenresepte beskuit, geniet.
1 kg volkoring bruismeel
500 g gewone bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml fruktose of Xylitol
300 g “All Bran”
375 g margarien
2 eiers
400 ml melk (oorspronklik 500 ml karringmelk)
300 ml kookolie

Meng die droë bestanddele saam en vryf die botter daarin. Klits die eiers, olie en karringmelk of melk saam en meng by die meelmengsel in. Plaas die beskuit in voorbereide beskuitpanne van jou keuse en bak in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 50 minute
Nota – Moenie die botter smelt en meng nie, dan maak dit ‘n baie digte beskuit. Ek druk die All Bran sommer bietjie stukkend in my hande voor ek dit inmeng. Die deeg behoort lekker sag te wees en maklik om in die panne te druk.
Geplaas deur: Nicolette Fick