‘N MOET BY ‘N BRAAI KORINGSLAAI

tested

‘N MOET BY ‘N BRAAI KORINGSLAAI
Uit die samestelling – Afskeepkos
Daar word gesê jou braai sal onvolmaak wees sonder hierdie heerlike koringslaai.
325 ml koring
1 groen soetrissie
1 klein ui
½ blikkie ingelegde perskes
Sous:
250 ml tamatiesous
125 ml olie
125 ml suiker
7 ml kerriepoeier
5 ml borrie
Meng alle sous bestanddele tot goed gemeng.
Kook koring, meng dit met die soetrissie, uie en perskes, voeg sous by en meng deur.  Plaas in yskas. Hoe langer die slaai staan, hoe lekkerder word dit.
Resep geplaas deur Marie De Villiers Vermeulen.