MIELIEMEEL BESKUIT

MIELIEMEEL BESKUIT
Lewer sowat 20 beskuite
300 g (500 ml) mieliemeel
300 g (535 ml) koekmeelblom
100 g (125 ml) suiker
15 ml bakpoeier
3 ml sout
190 g (210 ml) botter
250 ml karringmelk

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in todat dit lyk soos growwe broodkrummels. Voeg karringmelk by en meng deeglik. Druk mengsel vas in’n gesmeerde broodpan van 28 x 11 cm . Bak sowat 55 tot 60 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC. Keer die beskuit uit op ‘n draadrak, laat afkoel en sny in stukke. Droog die beskuit oornag uit in ‘n lou of baie koel oond by 50 – 70ºC.
Resep geplaas deur Linda Venter