MALTABELLA BESKUIT

2015-08-19-maltabellabeskuittested

MALTABELLA BESKUIT
500 ml maltabella meel
750 ml koekmeel
500 ml semels
500 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
10 ml kremetart
10 ml koeksoda
250 g margarien
750 ml karringmelk


Verhit oond tot 180 ºC. Smeer oondpan (die wat saam met ‘n oond kom werk goed. Die met die snyer in is te vlak en dan is dit ‘n lekker gemors in die oond!).
Meng droë bestanddele goed saam in groot bak. Smelt margarien laat effens afkoel en voeg karringmelk by. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in panne en bak vir ongeveer 45 – 60 min. Droog uit.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Hester Vrey

Foto: Bets Lourens


Kommentaar: Bets Lourens
Ek het ook die Maltabella Beskuit gebak, en toe weer die beskuit resep gevat, maar net 2 koppies karringmelk en 2 koppies gewone melk ingegooi.
Dan het ek ook 2 koppies rosyne
½ koppie lynsaad (linseed)
1 koppie klapper
1 koppie bruin en 1 koppie wit sjokolade discs (bietjie fyner gemaak) bygegooi.

Het toe daarvan muffins en ‘n broodjie gemaak. Het die muffins in papiertjies gemaak, want die sjokolade laat dit vassit in die panne. Het ook die broodjie se pan uitgevoer met gesmeerde waspapier. Die muffins het ek vir 20 minute gebak en die broodjie vir 1 uur. Dit het alles baie lekker uitgekom, maar die muffins en broodjie is baie bros. Ek dink ek moes dalk meer meel in die beslag ingewerk het, maar dit is BAIE lekker
Foto: Bets Lourens