“LUCKY STAR” POTJIE

Lien se pilchards geregtested

“LUCKY STAR” POTJIE
Resep en foto: Helene Kluge
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, in ringe gesny
2 groen soetrissies
5 ml knoffel-en-gemmerpasta
1 gekapte tamatie
5 ml borrie
2 ml garam masala
2 ml elk fyn koljander en komyn
5 ml brandrissiepoeier, opsioneel
3 aartappels, geskil, gekook en in blokkies gesny
125 ml bevrore ertjies
1 bossie fyngekapte koljander-blare
1 takkie kerrieblare, indien verkrygbaar
1 – 2 blikke sardyne in tamatiesous

Braai die ui, groen soetrissies en knoffel-en-gemmerpasta saam in ‘n swartpot tot sag.
Voeg die tamatie by en laat prut tot sag.
Voeg die borrie, garam masala, koljander en komyn en brandrissiepoeier by.
Voeg die aartappels by en geur na smaak.
Voeg die ertjies, koljander-blare, kerrieblare en sardyne by.
Laat prut tot warm en geurig.
Geur met bietjie suiker, sout en sit voor in ‘n roti of op basmatirys.
Garneer met koljanderblare.