KEITH SE KREEF

 

2014-08-17-keithtruemantested

1. Kreef (in helfte gesny en skoongemaak) (genoeg Kreef )
2. Oester sous 50ml
3. Vars Garlic (crushed) hoeveelheid jou eie keuse
4. 250ml vars room
5. 100ml plain Yoghurt
6. 500g (unsalted) plaas botter
7. Shellfish spice (ek koop die een van Gansbaai) baie moeilik om in die hande te kry
8. Rissies (vars of gedroog) optional
9. Ginger (fresh)

Marineer die Kreef in klein bietjie Oestersous en sit n klein bietjie van die speserye en garlic en gemmer by. Marineer vir so uur. Vryf die oestersous sommer met die hand op die Kreef.

In groot pan kan dalk twee nodig he. Smelt die botter in die panne voeg garlic,rissies,gemmer en speserye by. As die botter warm is sit die kreef in en braai in die botter vir 4 minute aan die dopkant en draai dan om vir drie minute. Moenie te lank braai want dan sit die Kreef vleis in dop vas. Haal kreef uit en voeg dan die room en yoghurt by en laat die sous bietjie dikker word.
Die sous is heerlik en roomerig.
Ek bedien met chips of rys.
Keith Trueman