HEERLIKE TAMATIEBREDIE
HEERLIKE TAMATIEBREDIE
Oe! Ek het die lekkerste Tamatie bredie gemaak gister.
Hier is die resep. Ongelukkig kon ek nie foto neem nie.
1 kg stowe vleis
olyfolie
knoffelhuisie, fyn gedruk
2 uie
3 tamaties
2 teelepels tamatiepasta
1 blik tamaties met groenpeper in
sweet bazil
Ina Paarman se rosemary and olive
Bietjie suiker, sout en peper na smaak
aartappels en 2 wortels
Braai vleis in bietjie olie tot bruin. Bedek met water en kook lekker sag.
In elektriese braaipan.
Skil ui en braai saam met knoffel tot goudbruin. Kook aartappel en wortel tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en kook stadig. Voeg bietjie suiker by met sout en peper. Voeg laastens vleis by tot wanneer sag gekook.
Bedien met rys en groente
Resep: Tania Pretorius
Foto: Patsy Ince
Patsy sit bietjie sweet chilli sous by net vir die skop

