GROENBOONTJIE GEREG

2014-08-07-boontjiegeregtestedboontjie gereg

GROENBOONTJIE GEREG
Maak 1 pak simba chips fyn en gooi in bak!  (chutney chips werk goed)
Dreineer 2 blikkies groen boontjies, gooi bo-op die chips,  strooi kaas oor, gooi 1 koppie room oor! Strooi paprika oor! Bak 15 min by 180ºC
BAIE LEKKER
Foto en resep: Benhet Nieuwenhuis

AANPASSING

Letisia Griessel
Dankie vir die inspirasie Benhet. Het dit vanaand as bygereg saam met braaivleis gemaak.
1 Blikkie groenbone met groen aspersies vervang.
3/4 pak chips onder gegooi en die ander 1/4 voor die kaas bo-oor.
Mengsel van Cheddar en Mozarella bo-oor.
Soveel komplimente gekry. Was uit die boeke lekker.