GEROOKTE VOLSTRUISBOUD EN VOLSTRUISEIER

VOLSTRUIS EIER

GEROOKTE VOLSTRUISBOUD EN VOLSTRUISEIER
Kook ‘n vars volstruiseier in ‘n diep kastrol vir sowat ‘n uur en 15 minute. Dis belangrik dat jy die eier gedurende die eerste 30 minute gereeld omdraai om te verseker dat die dooier (geel
gedeelte) in die middel bly. Haal uit, plaas in koue water en laat afkoel. Maak
seker dat die eier goed koud is voordat jy dit met ‘n hamertjie oopbreek en
afdop.
Sny skywe met elektriese broodmes en bedien elke porsie met die
volgende sous:
30 ml mayonnaise
5 ml gegeurde sout
varsgemaalde
swartpeper
15 ml gekapte ui
vinkel en pietersielie vir
garnering
Plaas gerookte volstruisboud, wat in dun repies gesny is, langs eier en garneer met ‘n vars slaai.
Wenk: Een volstruiseier is genoeg vir sowat tien mense.

Karin du Toit van die gastehuis en plaas La Plume se resep