GEBAKTE BURRITO MET MAALVLEIS
GEBAKTE BURRITO MET MAALVLEIS
Resep geplaas en aangepas deur Suneth van Rensburg
Foto: Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
1 eetlepel olie
1 ui, fyngekap
1 pakkie tacopoeier
1 tamatie, gekap
100 ml water
1 blikkie nierboontjies, gedreineer en afgespoel
gerasperde kaas
gerasperde wortels
Tortilla wraps
Braai uie in olie tot sag en voeg die tamatie by. Voeg maalvleis by en braai tot bruin.
Roer taco poeier by en dan die water. Kook tot droog.
Haal van hitte af in roer die nierboontjies by.
Skep vleis in tortilla skep eetlepel kaas en eetlepel wortels op vleis.
Vou toe soos ‘n pakkie en plaas met vou na onder op gesmeerde bakplaat.
Smeer met olyfolie in sprinkel gerasperde kaas oor. Bak teen 180°C vir 30 minute.
Bedien met guacomole, salsa in suurroom of griekse jogurt.

