GEBAKTE BLOUBESSIE EN WIT SJOKOLADE KAASKOEK

tested
GEBAKTE BLOUBESSIE EN WIT SJOKOLADE KAASKOEK
Resep en foto: Hettie Bezuidenhout
FOOD LOVERS RECIPES
300 g gemmer beskuitjies
125 g botter gesmelt
500 g roomkaas by kamer temperatuur
½ koppie strooisuiker
180g wit sjokolade gesmelt
2 eiers by kamer temperatuur
2 teelepels fyn gerasperde suurlemoen skil
1 koppie gevriesde bloubessies

Smeer en voer n 20 cm springform pan met bakpapier uit.
Maak die beskuitjies baie fyn in n voedselverwerker. Voeg die botter by en meng goed. Druk op die bodem en kante van die voorbereide pan.
Klits die roomkaas, eiers en suurlemoenskil .
Skep die helfde van die mengsel in die voorbereide pan. Sprinkel die helfde van die bloubessies oor. Skep die res van die vulsel oor en sprinkel die res van die bloubessies oor.
Voorverhit die oond tot 160°C en bak die koek vir 1 uur. Skakel die oond af en laat die koek in die oond afkoel met die deur oop. Dit voorkom dat die koek kraak.
Verkoel. Ontvorm versigtig en sif ‘n bietjie versiersuiker oor.