EIERVRUG EN TAMATIE STAPEL
EIERVRUG EN TAMATIE STAPEL
Lekker maklike bygereggie!
Bak dikkerige snye eiervrug in die oond, met net olyfolie oorgesmeer en ‘n bietjie Maldon-sout.
Sny rooiryp tamaties in dieselfde dik snye.
Pak opmekaar soos op foto, met ‘n goeie kwaliteit gesnyde mozzarella tussen-in en bo-op.
Hou in lou-oond terywl jy ander kos kook, sodat die mozzarella smelt en die tamatieskywe warm word.
Die voorafgesnyde Parmalat-mozzarella-snye werk ook goed en is effens gegeur.
Onthou om jou tamaties en die mozzarella liggies te geur met Maldon en peper.
Jy kan ook ‘n bietjie droĆ« basiliekruid op elke tamatieskyf strooi.
M.a.w. jy gebruik 2 dik snye gebakte eiervrug en 2 dik snye tamatie per porsie, met twee snytjies mozzarella – een binne-in en een bo-op.
Zuri Roos (eie resep)

