CREMORA AARTAPPELGEREG

cremora aartappelstested
CREMORA AARTAPPELGEREG
Jy sny die aartappels in skywe, sprinkel sout en peper en stip met botter, strooi dan Cremora oor. Herhaal lae en sprinkel gerasperde kaas oor laaste laag. Maak toe met foelie en bak tot aartappels gaar en romerig is.

As jy genoeg botter insit en die foelie seël goed is hy lekker souserig.
Het die resep by iemand gekry as ‘n gesonder weergawe van roomaartappel, maar daar’s botter in, so weet nie hoeveel gesonder dit is nie, maar dis baie lekker . Ek sit partykeer spek en sampioene ook in… Lekker

Resep:  Mariki Pieterse

Foto:  Hanlie Henning