BILTONG EN PAMPOENPOT

tested

BILTONG EN PAMPOENPOT
10 liter pot
3 kg nat beesbiltong, in dik skywe gesny
1 kg ontbytspek, gesnipper
1 kg pruimedante, ontpit
½ kg rys
1 koppie sojasous
2 kg boerpampoen, in skywe gesny
1 aftrekselblokkies, beesvleisgeur
2 handevol – cheddarkaas, gerasper

Braai die spek bros en voeg dan die biltong en pruimedante by. Pak eers die rys en dan die pampoen bo-op. Voeg die sojasous en aangemaakte aftreksel by.
Prut saggies tot die rys en pampoen gaar is. Sprinkel die kaas oor en laat smelt.

Resep: Ria Grobler Mc Carthy