BEESPENS PASTA
BEESPENS PASTA
1kg skoongemaakte beespens
500g gaar pasta
1 blikkie gekapte tamaties
2 eetlepels tamatiepasta
1 groot ui.
1 teelepel tiemie
1 teelepel oreganum
2 eetlepels worcestersous
sout en cayennepeper na smaak
1 pakkie kaassous
1 handvol gerasperde cheddarkaas
bietjie parmasankaas
Plaas die beespens in ‘n kastrol en voeg water by om dit te bedek. Bring tot kookpunt en gooi die water af. Laat effens afkoel en sny in dun stroke en dan in ongeveer 4cm lengtes. Laat stoom in stoompot vir ten minste 1 uur, of langer tot sag.
Maak intussen ‘n vars tamatiesous deur die uie in bietjie olie te braai tot sag en dan die gekapte tamaties, tiemie, oreganum, worcestersous, sout en peper en ‘n halwe blikkie water (die blikkie van die tamaties) by te voeg. Laat prut tot dit begin dik word. Meng dan die gaar pasta en die beespens met die tamatiesous en skep dit in ‘n oondbak. Maak die kaassous aan en gooi dit oor die gereg. Meng die 2 kase en strooi bo-oor. Plaas onder die oond se rooster tot die kaas verbruin.
ADAM CLOETE

