APPELKOOS BROODPOEDING

appelkoos broodpoeding dewettested
APPELKOOS BROODPOEDING
6 snye witbrood, in klein blokkies gesny
50 g margarine of botter gesmelt
4 eiers, geklits
500 ml melk
2 eetlepels appelkooskonfyt
3/4 tot 1 koppie suiker
5 ml vanilla essence
5 ml caramel essence

Gooi die blokkies brood in ‘n oondbak en drizzle die gesmelte botter oor.
In ‘n kastrol, verhit die melk, voeg suiker, caramel essence, vanilla essence en appelkooskonfyt in, en roer tot alles gesmelt is. Koel af tot louwarm.
Voeg melkmengsel nou by die geklitste eiers en meng goed. Gooi oor die brood en druk met ‘n vurk liggies plat sodat al die brood bedek is met die vloeistof.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 grade vir onsgeveer 45 minute.

RESEP EN 2 de FOTO: Dewet En Tania Botha
Foto:  Edie Janse van Rensburg  – Vandag die appelkoos en broodpoeding gebak..net n handvol rosyne bygevoeg.