ALLES IN EEN MUFFIN
ALLES IN EEN MUFFIN
Hier het ek eers die maalvleis en uie gaargemaak. Anders gaan eier baie hard bak.
So dis soos volg
Sprei muffin pannetjie
Skep so kwart vol met maalvleis
Sit stukkies kaas in. Ek het tamato pesto, gouda,gouda with pepper en basil pesto gouda ingesit
Breek ‘n eier in en meng dit met mes. Dan breek jy nog ‘n eier bo op en los hom so heel. Gooi sout en pepper op en bak vir +-15 min. Hang af hoe hard jy jou eier wil he.
Piesangmuffins
Vier piesangs fyngedruk
4 eiers
Driekwart blikkie kondensmelk
Halwe pakkie pannekoek deeg (die wat jy koop)
Meng alles en bak
Marian van Deventer

