AARBEI YOGURT POEDING
1 x 1L gladde aarbei yogurt (darling)
1 x pakkie rooi aarbei jellie
1 x blik kondensmelk
1 x houer room
So maak ek:
Ek maak die jellie aan met ‘n halwe koppie kookwater laat koud word, in ‘n bak meng ek die jogurt en kondensmelk saam, dan voeg ek die koue jelly by en meng deur.
Klits room styf en vou in by mengsel
Dis hemels hemels hemels
In yskas koel
Jy kan dit op koekies bedien as jy wil
Resep en foto: Marisa Olivier

