ZESTY KLAPPER EN SUURLEMOEN BROODJIE

klapper en suurlemoenbroodjietested

ZESTY KLAPPER EN SUURLEMOEN BROODJIE
Meng  die volgende saam
125 ml sagte botter of Stork to Bake
1 koppie suiker
125 ml koppie melk
2 eiers
sap van een suurlemoen
fyngerasperde skil van een suurlemoen.

In ‘n aparte mengbak, meng die volgende:
1.5 koppies koekmeel
knypie sout
1 teeleepel bakpoeier
driekwart koppie klapper
Roer die vloeistofmensel by  die meelmengsel en bak in gesmeerde pan vir 55 minute @ 160 ºC
Opsioneel:
Jy kan hom bedruip met driekwart koppie strooisuiker gemeng met sap van een suurlemoen wat jy meng tot dik stroop.
Nota:
Twee eetlepels sap is een suurlemoen. Die skil dra baie by tot die geur en daarvoor kan jy lemoenskil gebruik,
Vir die “drizzle” gooi bietjie water by die sap om die strooisuiker te meng anders gaan dit te dik wees.
Resep en foto: Frans Odendaal