WILDSVLEIS IN DIE STOOMPOT

2014-07-29-wildsvleisindiestoompottested

WILDSVLEIS aangepas vir my AEG stoompot.
2 -3 kg wildsvleis in blokkiesgesny
250 g bacon bits
2 uie gekap
1 groen rissie greenpepper
2 tamaties
sout en peper –  ek gebruik gemaalde swartpeper
½ koppie blatjang
½ teelepel mixed herbs
1 blik sampioenroomsop
Bietjie sojasous
Bietjie Worcestersous
2 koppies rooiwyn
125 ml suurroom
½ pakkie knorr Meat Ball Maker
Ekstra:
aartappels
wortels

Stowe wildsvleis vir 35 min in 125 ml water, blatjang en bacon.
Braai uie, green pepper, tamaties in olyfolie, voeg soja, worcestersous, sout, peper, mixed herbs, roomsop by.
Voeg die uiemengsel met aartappel en worteltjies by die vleismengsel.
Voeg die suurroom en meat ball maker by en voeg die rooiwyn by.
Sit stoompot op high pressure vir 60 min en dan is dit heerlik sag.

Resep geplaas deur Joyce Geers
Foto- Joyce Geers