VINGERLEK VARK SKENKELS


VINGERLEK VARK SKENKELS
2 kg vark skenkels
2 eetlepels hoisin sous
2 eetlepels gekapte vars gemmer
4 knoffelhuisie fyn
2 uie gekap
halwe koppie sjerrie
3 eetlepels suiker
sout en peper
2 suurlemoene se sap
1 blikkie coke
Stoom vleis in drukkoker vir so 35 min. Plaas in oondbak en braai in oond terwyl jy heeltyd van die sous in die pot oorgooi. Ek het rys botterskorsie, boontjies, blomkool en slaai by gemaak. Hou maar ‘n jammerlappie byderhand.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman