UIERINGE ALA HERMAN
Die uieringe word so gemaak: sny uie in ringe. Maak los van mekaar, spoel af. Jy soek klein bietjie nattigheid vir droë mengsel om aan vas te klou.
Ek het 3 medium uie gebruik. Dan ‘n koppie en ‘n half bruismeel, meng 2 teelepels garlic granules by en 1 teelepel aromat. Meng droë bestandele.
Sit in plastiek sak, voeg uieringe by. Blaas sak bietjie op en skud die lot goed totdat al die uieringe met die droë mengsel bedek is. Maak seker jou olie is so 180C. Ek gebruik my deep fryer. As die olie te koud is, kom die ringe te pap uit en die meel val af. Uie is klaar as hulle goud bruin en crispy is.
Smaak nes die Spur s’n! Geniet…..
Bron: Herman Fick

